Nicola Dreyer

Wie Nicola Dreyer?

Nicola Dreyer, ‘n boeiende stem afkomstig van die Weskus, Suid- Afrika, vind inspirasie in menswees en die ongerepte skoonheid van die natuur. Sy verweef graag hierdie metafore in haar sielvolle melodieë. 

Op die ouderdom van 12 het sy begin eksperimenteer met die skryf van liedere, en nou, met haar intrede in die Afrikaanse musiekbedryf, betower sy gehore met haar debuutenkelsnit ‘Wat Die Hart Wil Hê’ (2023). Nicola se musiek resoneer met ‘n perfekte samevoeging van strelende klanke en ‘n effense hese tekstuur, wat luisteraars se siele vertroos. 

Met die visie om ‘n katalogus saam te stel, waarmee luisteraars kan vereenselwig, nooi sy jou uit om deel te wees van haar diepsinnige, musikale reis.

BESPREKINGS

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

COPYRIGHT | ALLE REGTE VOORBEHOU © NICOLA DREYER | ALLE REGTE VOORBEHOU | PRIVAATHEIDSBELEID